2 dood in vliegongeluk

Twee jong mense is dood toe die helikopter waarin hulle gevlieg het, neergestort het.
Roxanne van der Bank (25), ’n onderwyseres aan die Laerskool Messina en De Clercq van Heerden (27), die vlieënier, is op slag dood toe die Robinson-44-helikopter waarin hulle was, neergestort het.
Van der Bank se dogtertjie, Veronique (8), is ’n gr. 2 leerling aan die Laerskool Messina, waar sy ’n onderwyseres was. Van Heerden het ’n babaseun, Waldt.
Van der Bank het Woensdag omstreeks 06:00 saam met Van Heerden vir ’n rit in die helikopter gegaan.
Kol. Ronél Otto, polisiewoordvoer in Limpopo, sê die helikopter het kort nadat dit opgestyg het, neergestort.
Dit is die derde vliegongeluk in minder as twee maande in Limpopo. In Oktober is twee mans dood toe die Bell 206 B Jet Ranger II-helikopter waarin hulle was in ’n stuk veld naby Bochum neergestort het.
Vier mense is beseer toe die die helikopter ’n oorhoofse kragkabel getref en toe in die grond ingeploeg het. Die insittendes sou glo antennas opgerig het.
’n Dag na dié ongeluk het ’n helikopter buite Ellisras neergestort. ’n Veearts en ’n wildvanger sou gaan wild tel toe die helikopter geval het.
Foto ter illustrasie