14 silo’s stort in duie

Soveel dinge gebeur net in Afrika. Suid-Afrika moet seker die enigste land in die wêreld wees waar 14 silo’s een na die ander ineengestort het. Ook nie in Afrikatyd nie, maar in 30 sekondes.

Ernst Pelser, die uitvoerende hoof van die Sentraal-Suid Koöperasie in Swellendam, het gesê dat hy gisteroggend ‘n oproep ontvang het dat een van die staalsilo’s omgeval het.

Dié silo’s het kanolasaad geberg wat later in olie verwerk moes word. Pelser skat 15,000 ton van die saad lê nou verstrooid oor die aarde. Pelser het geen idee hoe so-iets kon gebeur het nie.

Die omvang van die skade kan nog nie bepaal word nie, maar Pelser verwag dat dit erg gaan wees. Hulle gaan intussen probeer om die Kanolasaad wat die wêreld vol lê te herwin.

Foto ter illustrasie