Zuma het OB-verslag gehoorsaam

In die hofsaak oor die kostes van Nkandla wat Februarie volgende jaar voor die konstitusionele hof aangehoor sal word, sê pres. Jacob Zuma dat hy die aanbevelings in die Openbare Beskermer (OB) se verslag nagekom het.
Die DA en EVV eis dat Zuma ‘n deel van die kostes van Nkandla terugbetaal soos wat die OB beveel het.
Zuma beweer dat enige verbeterings wat nie veiligheidsverwant is nie, is hy bereid om voor te betaal en dit is wat die OB voorgestel het.
Verbeterings soos die besoekersentrum, amfiteater, veekraal, hoenderhokke en swembad wat deur die OB uitgewys is en bevraagteken of dit veiligheidsverwant is, is deur ‘n verslag van die Polisieminister goedgekeur dat dit noodsaaklik vir veiligheid is.
Die president het voorgestel dat indien die hof die polisieminister se verslag ter syde stel, die saak na die Ouditeur-generaal en ’n topamptenaar van die tesourie verwys word om te bepaal wat die koste is van die verbeterings wat nié met veiligheid verband hou nie.