Weduwee op plaas vermoor

Die liggaam van Irene Vermaak (66) wat alleen op haar plaas gewoon het sedert haar man nege jaar gelede oorlede is, is verlede Dinsdagaand in haar huis gevind.
Die plaas is tussen Devon en Endicott in Sentraal-Transvaal. Haar liggaam is vroegaand deur ‘n buurman gevind.
Sy is vermoedelik tussen 17:00 en 19:00 vermoor. Vermaak was op ʼn gereelde grondslag met ʼn radiostelsel in verbinding met omliggende boere en daar is onraad vermoed toe sy nie omstreeks 19:00 ingeroep het nie.
Tommy Tomlinson, polisiewoordvoerder het gesê ‘n buurman het op haar lyk afgekom. Haar keel is met ‘n mes afgesny.
Geen verdere inligting is bekend nie.