Wat het in Patensie gebeur?

Die inwoners van die klein dorpie Patensie wonder nog wat hulle Sondagaand getref het.
’n Breë wit streep is omstreeks 20:50 in die hemelruim gesien is.Die lugruim het verhelder en kort daarna was daar ‘n donderende slag.
Sommiges het gedink dat dit ‘n bom is wat ontplof het.
Die rampbestuurspan van die Kouga-munisipaliteit (Humansdorp, Jeffreysbaai en omgewing) het Maandagoggend ’n ondersoek begin instel.
‘n Inwoner van Patensie het gesê sy huis se ruite en skuifdeure het geskud van die knalgeluid.
Volgens Mfundo Sobele, woordvoerder van die Kouga-munisipaliteit, soek hy en amptenare van die rampbestuurspan na die voorwerp wat glo op Cambria, net buite Patensie, neergestort het.
Volgens Sobele is daar geen waarheid in die gerugte dat ’n veldbrand ná die slag gisteraand in die Kouga-gebied ontstaan het nie.
Interessant was dat daar verlede week ook so ‘n wit lig in Kalifornië, Amerika gesien het. Inwoners daar het gewonder of dit dalk ‘n Vreemde Vlieënde Voorwerp (VVV) of ‘n meteoriet kon wees.
Die waarheid het uitgekom toe die Amerikaanse vloot erken het dat hulle in ‘n oefening ‘n toetsmissiel vanaf ‘n duikboot geloods het.
Foto: Langafstand missiel oor Kalifornië