VSA soek skoor met Sjina

Dit wil lyk asof die Amerikaners lus het vir ernstige konflik met die Sjinese deur met twee bomwerpers langs die Sjinese se kunsmatige eilande in die Zuid-See te vlieg.

Die Amerikaanse Minister van Verdediging het erken dat VSA bomwerpers oor die gebied gevlieg het.

Die Sjinese lugvaart beheersentrum het wel kontak gemaak met die twee B-52 vliegtuie, maar die twee het voortgegaan asof niks gebeur nie en deur gevlieg.

Die twee bomwerpers het gedurende die nag langs die omstrede Spratly-eiland gevlieg wat deur Sjina as hulle eie lugruim beskou word.

Voorheen het die Amerikaners ’n oorlogskip in dieselfde gebied laat deurvaar wat deur Sjina geëis word as hulle eie see-grens.

Die Sjinese het in die Suid See-gebied begin om kunsmatige eilande te bou en eis dat die 12 km seegebied van Sjina ook op hulle van toepassing is.

Politieke ontleders meen die kat en muis spelery van Amerika kan lei tot erge konflik, en mag die begin word van ’n volskaalse oorlog.