VSA dreig S.A. oor invoerblokkasie

Die VSA het die Suid-Afrikaanse owerheid 60 dae tyd gegee om hulle blokkasie op die invoere van hoender-, bees- en varkvleis te hersien of die land sal van die lidmaatskap van die Africa Growth and Opportunity Act (AGOA) verwyder word.

AGOA bied sekere voordele aan Afrikalande wat na die VSA uitvoer en was op18 Mei 2000 in wetgewing vasgelê en in verskeie kere uitgebrei. Dit bied vrystelling van invoerheffings vir ongeveer 6,400 produkte uit Sub-Sahara lande na die VSA en toegang aan die lande tot sekere VSA tegnologie.

Die AGOA wrywing tussen S.A. en die VSA het al maande gelede begin. Die S.A. minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies, ʼn lid van die S.A. Kommunistiese Party wat nouer bande met Sjina voorstaan, het reeds die afgelope jaar sekere handelsbande met die EU nie weer hernu nie en het ook aan Israel aanstoot gegee. Die ekonomiese nadeel indien die AGOA verdrag Suid-Afrika sou uitsluit is egter te voordelig om te verloor. Daar word bereken dat dit ʼn verlies van ongeveer 85 000 werksgeleenthede sou meebring.

Intussen het Rob Davies die versekering gegee dat die AGOA probleem met die VSA betyds opgelos sal word.