Vrou van Dewetsdorp vermoor

Carima Barnard (50) die huismoeder van die Jimmie Roos-jeugsorgsentrum is Dinsdagmiddag wreed vermoor. 
Barnard is deur ‘n 15-jarige leerling aangeval. Hy het haar gesig met ‘n baksteen en ‘n groot klip vergruis.
Hy sal op ’n aanklag van moord in die plaaslike landdroshof verskyn.
Barnard, wie se man, Adriaan, die skoolsielkundige en ’n adjunkhoof is, is omstreeks 14:30 by die Die Wilgers-lodge onder ’n wilgerboom oorval en vermoor.
Barnard het gereeld vir ‘n tuisnywerheid gebak. Ná die tyding is van Barnard se gebak by die tuisnywerheid afgelewer.
Johnny Erlank, skoolhoof by die sentrum, sê dit is tragies en ironies dat Barnard wat lojaal teenoor die skool was vermoedelik deur een van hul eie vermoor is.