Verlore seun terug by ma

Julian Hernandez was 5 jaar oud toe hy in die Amerikaanse deelstaat Alabama in 2002 net van die aarde verdwyn het, en dertien jaar later word hy lewend gevind in Cleveland, in die deelstaat Ohio.

In 2002 moes Julian se pa hom na die kleuterskool neem in Birmingham, maar die seuntjie het nooit daar opgedaag nie, en het saam met sy pa spoorloos verdwyn.

Die pas afgelope week het speurders egter die 18 jarige seun gevind in Cleveland, meer as ’n 1,000 km weg van die plek waar hy weggeraak het.

Polisiebeamptes het bevestig dat die seun gevind is en dat die pa aangekla is van kinderontvoering.

Gedurende die 13 jaar het Julian by sy 53 jarige pa gewoon, maar die soektog na hom is beëindig toe Julian ingeskryf moes word by ’n universiteit, en sy naam nie ooreengekom het met die registers nie.

Julian se ma is verwittig van die gebeure, en kon kwalik glo dat sy weer haar verlore seun sou sien.