Ure se geduld lewer meesterstuk

Alan McFadyen het 4,200 ure spandeer om sy droomfoto in Skotland te neem soos wat in die afbeelding hiernaas gesien kan word.

In ’n sesjaar-tydperk het die man nie minder nie as 720,000 fotopogings probeer voordat hy die perfekte een kon neem.

Hy het as kind saam met sy oupa na voëls gaan kyk by Kirkcudbright in Skotland, en het eers as 40-jarige met fotografie begin.

Dit was sy ambisie om ’n perfekte foto te neem, en ses jaar gelede het die gogga die 46-jarige man gebyt.

Hy wou ’n pragfoto neem ter ere van sy oupa, en wou die foto so neem dat daar nie ’n enkele waterdruppel omhoog sal spat wanneer die voel afduik in die water nie.

Foto – Voël duik af in water