Tuisgemaakte roomys

Dit is warm en tyd vir heerlike koue tuisgemaakte roomys. U het nie ‘n roomysmasjien nodig om hierdie roomys te maak nie en u kan ook verskeie geure en vrugte en sjokolade na u eie smaak byvoeg.

 

Peppermint Crisp Roomys

 

Bestanddele:

 

2 blikkies karamelkondensmelk (Caramel treat)

250 ml yskoue volroommelk

10 ml karamelgeur kitspoedingpoeier

250 ml room, sag geklits tot sponserig

2 X 49 gr Peppermint Crisp sjokoladestafies, fyngekap

 

Metode:

 

Klits die karamelkondensmelk tot glad.

Voeg die yskoue melk en kitspoedingpoeier by en klits vir 3 minute tot dit begin verdik.

Voeg geklitste room by en klits nog 5 minute tot alles lig en sponsig is.

Voeg nou die fyngekapte Peppermint Crisp by en klits tot goed gemeng.

Skep die mengsel in ‘n roomysbak, bedek en vries.

 

Bedien met louwarm sjokoladesous

 

Hierdie resep lewer 12 porsies roomys