Toe val die Engelsman

Miskien het die perd besluit dat die Engelse prins Harry nie belangrik genoeg is om op sy rug te sit nie, want hy is vyfde in die ry om as koning gekroon te word.

Toe raak die perd maar ontslae van sy ruiter.

Die voorval het Saterdag plaasgevind tydens ’n polo-wedstryd om geld in te samel vir sogenaamde swart verontregtes.

Die wedstryd is in Kaapstad gehou waar die pragtige perd ontslae geraak het van sy ruiter wat geploeg het op die Suid-Afrikaanse turfgrond.

Daarna het die dier ewe luiters ’n entjie verder gaan staan en sy eie werk aanskou.

’n Rukkie later het die perd weer ontslae geraak van die Engelse prins wat geld insamel vir Vigslyers in die land.

Die Engelse prins was gelukkig om nie enige beserings op te doen nie.