Terroriste eis $100 miljoen

’n Terroris, bekend as Abu Sayyaf, het in ’n video opname gedreig om vir mense wat gyselaar gehou word, dood te skiet as die bedrag van $100 miljoen nie spoedig betaal word nie.

Twee van die gyselaars is Kanadese burgers wat ontvoer is in die Filippyne gedurende September vanjaar.

In die video word getoon hoe ’n terroris oor die twee Kanadese, John Ridsdel en Robert Hall staan asook verskeie ander gyselaars.

Alhoewel dit bekend is dat die terroriste die gyselaars vooraf beveel wat om tydens die video-opname te sê, maak dit telkens ’n weersinswekkende indruk op kykers.

In die geval het die Kanadese gyselaars ’n beroep op hulle land se regering gedoen om gehoor te gee aan die bevel om te verseker dat hulle nie om die lewe gebring word nie.

Die nuwe optrede van terroriste om ’n losprys te eis word wêreldwyd veroordeel, en regerings besef dat die uitbetaling om gyselaars los te kry, nimmereindigende gevolge beteken, en kan nie toegestaan word nie.

Foto – die Gyselaars