Stropers gearresteer.

Die Valke, in samewerking met die Polisie se misdaadintelligensie-eenheid, die Departement van Omgewingsake en Toerisme, die Polisie se forensiese laboratorium en die Nasionale Vervolgingsgesag, het ‘n slag geslaan toe hulle 12 stropers verlede week gearresteer het.

Die operasie, genaamd Operation Ringleader, het ‘n roesmoes van smokkelaars in renosterhoring in twee provinsies aan die pen laat ry.

Van die twaalf stropers wat verlede week gearresteer is, is drie van Viëtnam afkomstig. Drie van die verdagtes is polisiebeamptes.

Die verdagtes is in Sentraal-Transvaal en Noordwes in hegtenis geneem. Die drie polisiebeamptes het Donderdag in die Roodepoortse landdroshof verskyn op aanklag van geldwassery en afpersing, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en korrupsie.

Volgens brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, word die groep al sedert 2013 ondersoek en het hulle vermoedelik bygedra tot renosterstropery en onwettige handel ­in renosterhorings in Klerksdorp, Rustenburg, Pretoria en Johannesburg.

Dertien vuurwapens, drie skale, ’n elektriese ystersaag, vier renosterhorings, opgekapte renosterhoring, R1,1 miljoen-kontant en agt luukse voertuie is ook gevind en gekonfiskeer.

Die totale waarde van die ­goedere waarop beslag gelê is, word op sowat R6 miljoen geraam.