So eindig die artritis pyne

Wetenskaplikes het ’n metode ontwerp om “medikasie” direk in ’n “kapsule” toe te dien aan mense wat ernstige pyn moet verduur weens artritis.

Wat die nuwe metode uniek maak, is dat die medikasie klein deeltjies bevat van die pasiënt se eie selle wat van die “besmette” gewrigte afgetrek is.

Die behandeling is sodanig dat dit een dag in die hospitaal vereis, maar word elke drie maande herhaal.

Die behandeling het ook die voordeel dat geen newe effekte ondervind word deur die pasiënt nie.

Die deurbraak is aangekondig in Brittanje deur prof. Mauro Perretti, verbonde aan die “Queen Mary” Universiteit van London.

Die wetenskaplikes sê hulle kon daarin slaag om “klein vloeistof-gevulde sakkies” vry te stel van die wit bloedliggaampies wat dan beweeg in die “kapsule” waar dit afgelewer word om artritis te “bestry”.

Proewe is aanvanklik uitgevoer op muise en menslike selle, maar verdere analise is nodig voordat die deurbraak medies getoets is vir die behandeling wat waarskynlik nog sowat 5 jaar sal duur voordat dit geregistreer sal word.

In Suid-Afrika is sowat 4 miljoen mense gepla met artritis, en tans is pynstillers die enigste metode om die seer te verlig.

Die navorsers sê die inspuiting wat toegedien word sal nie duur wes nie, en die uitwerking daarvan behoort drie maande te hou voor dit herhaal moet word.