Skoon oudits vermeerder met 2%

Die Ouditeur-generaal (OG) sê in sy jongste verslag dat daar ‘n klein verbetering is in nasionale en provinsiale departemente en openbare entiteite se geldsake.
Kimi Makwetu, die OG, sê in sy verslag oor die 2014-’15-boekjaar dat 28% van die departemente en entiteite wat geoudit is, het skoon oudits gekry. Dit is ‘n volle 2% beter as die vorige boekjaar.
In sy verslag wat Woensdag in Pretoria bekend gemaak is, sê Makwetu dat hy op 167 nasionale en provinsiale departemente en 301 openbare entiteite gefokus het.
Onreëlmatige uitgawes in die 2014-’15-boekjaar was sowat R25 miljard, teenoor die R35 miljard in die vorige boekjaar.
Ook vrugtelose en verkwiste uitgawes het van R1,2 miljard in die 2013-’14-boekjaar afgeneem na R936 miljoen in 2014-’15.
Ongemagtigde uitgawes het afgeneem van R2,6 miljard in 2013-’14 na R1,6 miljard in 2014-’15.
Makwetu het bevind 73% van alle departemente en entiteite sloer om sy aanbevelings te implementeer en daarom is die verbetering in die jongste boekjaar “minimaal”.
Die OG het ook bevind dat die parlement en presidensie, asook Departemente van Omgewingsake, Sport en Ontspanning, en Handel en Nywerheid, is onder die 12 nasionale departemente wat skoon oudits gekry het;
Die Departemente van Onderwys, Gesondheid en Openbare Werke vaar die vrotste en dié departemente se geldsake het “die meeste aandag nodig”;
Ses provinsies se geldsake het verbeter, maar teen ’n stadiger tempo as tevore;
Sentraal-Transvaal se geldsake lyk min of meer dieselfde as die vorige boekjaar;
Die Noord-Kaap en Oos-Transvaal het swakker gevaar as in die vorige boekjaar.