Skoenlapper bevolking word herstel

Gesaghebbendes in Mexico het met verbasing gesien hoe die Monarg skoenlapperbevolking letterlik viervoudig vermeerder nadat hulle vir dekades nie gesien is nie.

Die vinnige toename is glo te danke aan die werk wat in Noord Amerikaanse lande gedoen is.

Gesamentlike projekte van natuurliefhebbers in Kanada, die VSA, en Mexico het daartoe gelei dat die spesie skoenlapper wat oor dekades nie meer gesien is nie, nou ewe skielik in hulle duisende rondfladder tydens seisoene.

Miljoene Monarg skoenlappers het vanaf Kanada en die VSA na Mexico migreer gedurende wintermaande in die afgelope paar jaar, en word verwelkom omdat dit ’n noodsaaklike spesie is in die hele ekostelsel.

Nou is navorsers besig om te probeer bepaal hoe dit moontlik is dat die skoenlappers oor so ’n lang afstand kan beweeg, en hoe hulle weet dat hulle die tog moet aanpak.

Die Monarg spesie het sedert die jare middel 90’s van sowat een biljoen skoenlappers verminder tot minder as 30 miljoen in 2013.

Die Sekretaris vir Omgewingsake in Kanada sê hulle het spesiale projekte begin om die skoenlapperbevolking teen uitwissing te beskerm, en het met ander instansies in die VSA saamgewerk om die skoenlapperbevolking te beskerm.

Vanjaar het sowat 225 miljoen Monarg skoenlappers vanaf die noordelike state na Mexico migreer, en is dit duidelik dat die pogings geslaagd was om die spesie te beskerm.