Skaaphonde red pikkewyne

Australië het internasionale bekendheid verwerf vir sy nougesette optrede om beskermend op te tree met die natuur, die wildlewe, ook wat in die see voorkom.

Die natuur is soms te verwoestend, en ’n klompie jakkalse het meer as 180 pikkewyne doodgebyt en in “Middle Island” in die suide van Australië het die dodetal net bly styg en is vrees uitgespreek dat die voëlbevolking kan uitsterf.

In 2005 het die aanvanklike getal van sowat 800 pikkewyne gedaal tot daar net 10 oor is en natuurliefhebbers besef het dat iets gedoen moet word om algehele uitwissing te voorkom.

’n Boer van die omgewing het dit sy taak gemaak om iets aan die saak te doen, en het sy goed gedissiplineerde skaaphonde begin “ontplooi” saam met ander skaaphonde om die jakkalse te verwilder.

Die metode word nou ook elders toegepas waar dieselfde probleem bestaan, en het die voëls se getalle reeds weer begin styg.

Op ’n vraag aan die boer waar hy aan die gedagte gekom het om die pikkewyne so te beskerm, het hy gesê hy pas die metode reeds jare lank toe om sy hoenders wat vrylik op die plaas rondloop, teen jakkalse te beskerm.