Sjina bou eie passasiersvliegtuig

Die Sjinese het begin om ’n eie passasiersvliegtuig te bou en die eerste tuig het van die monteeraanleg gekom wat nou direk teen Airbus en Boeing sal meeding.

Tegnoloë en werkers was langer as ’n jaar besig om die bou van die C-919 met sy smal bakwerk vir sowat 170 passasiers gereed te kry.

Die  “Commercial Aircraft Corp. of China” (COMAC) se fabriek in Shanghai word gebruik om die bouwerk te doen.

Die ontwikkeling volg glo na sewe jaar se intensiewe werk wat verrig is voordat die bouwerk kon begin gedurende 2014.

Tydens die bekendstelling het ’n woordvoerder gesê ’n groot nasie soos die Sjinese moet ook ’n eie passasiersvliegtuig vervaardig.

Die 39 meter lange passasiersvliegtuig word nog in samewerking met Airbus en Boeing gebou en sal binnekort in aansienlike hoeveelhede vervaardig word.

Die vliegtuig het ’n vlug afstand van sowat 5,600 km en ’n eerste vlug sal in 2016 onderneem word.

Sjina het sedert 1970 pogings aangewend om ’n eie vliegtuig te bou, maar kon net nie daarin slaag om dit te doen nie, en moes telkens terugval na Europa en die VSA om vliegtuie aan te koop.

Waarnemers het intussen opgemerk dat alhoewel die Sjinese spog met ’n eie vliegtuig, die belangrikste meganiese komponente nie self vervaardig word nie, en die moontlikheid bestaan dat die eerste vlug nie voor 2017 sal plaasvind nie.

Die Sjinese regering het sowat $8 biljoen beskikbaar gestel om die fabriek te finansier, wat na bewering reeds bestellings het van meer as 500 vliegtuie.

Die eerste bestellings sal egter nie voor 2019 uitgevoer kan word nie, wat meebring dat die lande wat bestellings geplaas het, nog jare gaan wag.