Siriese rebelle misbruik burgerlikes

Die Siriese rebelle, wat deur die Amerikaanse regering ondersteun word om die regering van die land omvêr te werp, misbruik burgerlikes deur van hulle as menslike skilde tydens aanvalle te gebruik.

Die rebelle, wat deur Rusland as terroriste gesien word, het in die afgelope maande verskeie burgerlikes as menslike skild gebruik wanneer aanvalle op hulle uitgevoer word deur regeringsmagte.

Die rebelle het onlangs ook gevange weermag soldate in die omgewing van Damaskus as menslike skild gebruik in lugaanvalle wat deur regeringsmagte uitgevoer is op kampe van die terreurgroep.

Die inligting is so pas vrygestel in ’n mediaverklaring wat deur die Menseregte Kommissie van Sirië vrygestel is.

Kenners wys daarop dat die rebellemagte en die Islamitiese Staat (IS) nie met mekaar in gevegte betrokke raak nie, en mekaar se gebiede respekteer, wat daarop dui dat alhoewel hulle nie met mekaar verbind kan word nie, beide teen die regime veg.

Die rebelle se metode om onskuldige mense as skild te gebruik, dikwels ’n hele familie van burgerlikes as gevange skilde.