Senior IS-terroris in Europa

’n Besonder hooggeplaaste lid van die Islamitiese Staat (IS) het onlangs uit Raqqa vertrek onderweg na Europa, en is vermoedelik in Nederland of in Duitsland.

Die man wat aktief betrokke is by die IS terroriste, word aangewend om as senior lid van die inligtingsdiens van IS diens te doen, en het saam met die stroom onwettige migrante na Europa gegaan.

Die inligting is verstrek deur Aboe Mohammed (27) tydens ’n geslote vergadering van die Vaste Kommissie vir Buitelandse Sake in Nederland.

Mohammed is die skuilnaam van ’n aktivis wat hom beywer vir die bekamping van terrorisme.

Die Vryburger het etlike maande gelede reeds gerapporteer dat terroriste saam met die onwettige migrante, oor Europa versprei word om later hulle terreurdade uit te voer.

’n Kenner van terroriste bedrywighede het aan Die Vryburger gesê die moontlikheid dat ’n terroris met ’n tydbom op die Russiese vliegtuig geklim het, nie uitgesluit is nie.

Hy sê die persoon was dalk nie eers bewus daarvan dat ’n tydbom in sy bagasie is nie, en was waarskynlik onder die indruk dat hy op ’n “spesiale sending” was.

Dit is bekend dat die senior lede van die IS uit Raqqa, die hoofsentrum van die Islamitiese Staat, afkomstig is.