Russe verwoes IS-stellings

Russiese vegvliegtuie het in die afgelope 48 uur verwoesting gesaai onder die Islamitiese Staat (IS) se basisse in Sirië.

Rusland het met ’n doelgerigte oorlogsplan vorendag gekom en het met bomme en missiele verwoesting gesaai in die Idlib en Aleppo provinsies waar die terroriste stewig ingegrawe was.

Bomme is afgegooi in die terroriste se selfverklaarde hoofstad Raqqa, asook in Der-ez-Zor nadat burgerlikes met pamflette gewaasku is om uit die gebiede weg te bly.

Ingeligte verslaggewers in Sirië sê die Russe het meer as 2,300 aanvalsvlugte uitgevoer in die afgelope twee dae, wat totale chaos veroorsaak het onder die terroriste.

Die Russiese Minister van Verdediging, Sergey Shoigu, het verklaar dat Rusland ernstig is om die terroriste te vernietig, en sal voortgaan met massa aanvalle op enige IS-teikens in die gebied.

Pres. Poetin het ook opdrag gegee dat die lugmag saam met die Franse lugmag moet werk, en seker maak dat vegvliegtuie die vliegdekskip, die Charles De Gaulle, gebruik soos wat die twee lande ooreengekom het.

Rusland se wraak spruit uit die bomontploffing in ’n vliegtuig wat die dood van 229 vakansiegangers veroorsaak is, en die Franse se wraak spruit uit die onlangse aanval in Parys.