Rusland vernietig talle IS stellings

Verslae wat so pas vrygestel is toon dat Rusland ’n massiewe klomp aanvalle uitgevoer het op Siriese grondgebied, etlike kilometers van die grens met Turkye.
Dít volg nadat een van Rusland se SU-24 vegvliegtuie deur Turkye afgeskiet is en IS-terroriste in Sirië die een vlieënier gedood het wat met ’n valskerm na benede gedaal het.

Die terroriste het ook ’n reddingshelikopter aangeval wat die twee vlieëniers te hulp gesnel het.

Die ander vlieënier is deur die Russiese lugmag gered.

’n Plaaslike koördineringskomitee sê die Russiese vliegtuie het daarna ’verwoesting gesaai onder terroriste- opleidingsentrums en ander basisse in Sirië.

’n Siriese waarnemer het beweer die Russe is besig om wraak te neem na die een vlieënier se dood bekend geword het, en het minstens 450 punte van die terroriste platgevee.

Turkse woordvoerders sê die opskorting van militêre samewerking wat deur pres. Poetin aangekondig is, het ’n negatiewe uitwerking op Turkye wat nou nie meer oor die vermoë beskik om te moniteer hoeveel terroriste- vestings vernietig word in aanvalle nie.