Rotsagtige planeet is soos aarde

Die ontdekking van ’n planeet aan die “rand” van die sonnestelsel, het eienskappe wat soortgelyk is aan die van die aarde, en het die belangstelling van wetenskaplikes gaande wat verdere navorsing wil doen.

Volgens die wetenskaplikes is die planeet van groot belang, want dit is ongeveer die grote van die aarde, en is drie keer digter as ander soortgelyke “aard-agtige” planete in die sonnestelsel.

Die planeet wat gedoop is “GJ 1132b”, se ligging is 39 ligjare weg van die aarde, maar sy digtheid maak dat dit van besondere belang is vir verdere navorsing.

GJ 1132b is slegs 16% groter as die aarde maar het blykbaar nie ’n watermassa nie aangesien die temperatuur tot 260 grade Celsius styg.

Die planeet kry sy hitte van ’n ster wat baie kleiner is as die son, maar dit is weer veel nader as wat die aarde aan die son is.

Die planeet draai binne twee dae om sy son, terwyl die aarde 365 dae nodig het om sy omwenteling te voltooi om die son.

Die ontdekking van “GJ 1132b” word as die van groot belang beskou aangesien dit buite die bekende sonnestelsel is, wat die moontlikheid het van ander soortgelyke planete as die aarde.