Republikeine behaal klinkende oorwinning

Een van die belangrikste deelstate wat in die hand van die Demokrate is, het so pas oorgeskuif en hulle steun aan ’n miljardêr van die Republikeine gegee.

Kentucky is een van die Demokrate se vestings, maar het nou onverwags hulle steun aan Matt Bevin van die Republikeinse Party afgestaan.

Die verandering het skokgolwe deur die hiërargie van die Demokrate gestuur aangesien Bevin minder bekend is in die geledere van die politici van Amerika.

Met die Republikeinse oorwinning in Kentucky word dié party se kanse al sterker om die presidentsverkiesing in 2016 in te palm, maar kenners sê daar is nog baie harde werk wat gedoen moet word.

Net soos Trump, het Matt Bevin herhaaldelik beklemtoon dat hy sy eie veldtog sal finansier en nie van kiesers verwag om geldelike steun te gee nie.

Woordvoerders van die Republikeine het later gesê die oorwinning in Kentucky is nie net ’n merkwaardige gebeurtenis nie, maar ook ’n aanduiding dat die regering aan die verloorkant is.

Foto – Matt Bevin