Rede vir Booysen se skorsing duidelik

Die skorsing van die KwaZulu-Natalse Valkehoof, genl.maj. Johan Booysen, word al hoe duideliker. Dit gaan oor ‘n vriend en sakevennoot van die Zuma-familie.
Maar nou moet die KwaZulu-Natalse vervolgingshoof, adv. Moipone Noko, redes aandui waarom die Zuma-vriend, Thoshan Panday, nie vervolg moet word vir beweerde korrupsie van R60 miljoen tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi van 2010 nie.
Daar is twyfel oor of Noko self ooit die volle dossier onder oë gehad en oorweeg het voordat sy besluit het om Panday en sy medebeskuldigde, kol. Navin Madhoe, nie te vervolg nie.
Adv. Shaun Abrahams, Nasionale Vervolgingshoof (NDOV), het Noko verlede maand opdrag gegee om haar besluit om klagte teen Panday en Madhoe terug te trek, amptelik te verduidelik.
Twee uitgelekte briewe versterk die twyfel oor of Noko self ooit die volle dossier onder oë gehad en oorweeg het voordat sy besluit het om Panday en sy medebeskuldigde, kol. Navin Madhoe, nie te vervolg nie.
Noko het in Oktober 2014 ’n brief aan die destydse Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging (NDOV), Mxolisi Nxasana, gesê sy trek die klagte terug weens ’n “gebrek aan bewyse”.
Soos wat dit gaan as daar ‘n knoeiery is het sy onsuldige mense beskuldig en gesê dat die KwaZulu-Natalse Valke van die provinsiale polisiehoof, lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, ontslae wil raak.
Hierteen het genl.maj. Booysen skerp kapsie gemaak en onder andere gesê dat Noko haar aan blatante leuens skuldig maak.
Thoshan Panday en kol. Navin Madhoe, is in 2011 gearresteer omdat hulle die polisie na bewering uit meer as R60 miljoen gekul het. Genl.maj. Johan Booysen se kantoor het die saak ondersoek.
Panday en Madhoe het glo herhaaldelik probeer om die saak te kelder en het selfs vir Booysen genader in ’n poging om hom om te koop om ’n datum op dokumente te verander wat dié bewysstukke ongeldig sal maak.
(Dit is interessant dat Booysen geskors is omdat beweer is dat hy ‘n datum verkeerd op ‘n vorm ingevul en die polisie skandelik uit R10,000 bedrieg het.)
In samewerking met die Nasionale Vervolgingsgesag (NV) het Booysen ’n lokval gestel. Madhoe is op die toneel gearresteer en volgens die dossier is Panday se vingerafdrukke op dokumente gekry wat daarop kan dui dat hy by die beweerde omkopery betrokke sou kon wees.