Quebec verwyder die N-woord

Net soos wat Suid-Afrika sedert 1994 ’n verbod geplaas het op die gebruik van die sogenaamde “K-woord”, het die Franssprekende deel van Kanada besluit om die Neger-woord (N-woord) te verwyder van naamborde.

Voortaan sal Quebec seker maak dat plase, strate, spruite, riviere, landstreke en ander plekke se name verander word waar dit tot nou toe nog verwys na die Negers van Amerika.

Dit blyk ook dat verwysing na blankes, wat as “verhewe” inwoners van die land beskou word, nou gestaak moet word.

Oor jare het benamings wat na Negers verwys, op naamborde, roetekaarte en selfs op geboue verskyn, maar moet nou ingevolge nuwe regulasies, verwyder word.

Enige verwysing, hetsy in Frans of Engels, wat ’n alternatief vir die sogenaamde N-woord mag wees, word verbied.

Een woord waarmee die owerheid nog sukkel, is “squaw”, wat klaarblyklik verwys na Negers, alhoewel dit nie amptelike so is nie.

Die beroemde plek in Kanada waar die Olimpiese Winterspele plaasvind  is juis een so ’n gebied en staan bekend as “Squaw Valley”.

’n Gevestigde inwoner van Quebec het later gesê hulle kan die name van plekke verander, maar in die volksmond sal die woorde Neger, squaw en ander byname voortleef, want dit is reeds meer as 300 jaar in gebruik.

Die N-woord word ook in Nieu-Seeland verwyder van naamborde, kaarte en mag nie verder gebruik word nie.

Foto – Squaw Valley