Produksie-inflasie in stygende fase

Die produsente-prysindeks (PPI) vir Oktober toon ʼn jaar-op-jaar inflasiekoers van 4.2% teenoor die vorige maand se 3.6%. Dit is ʼn aansienlike toename en omdat die PPI deurwerk na die verbruikersinflasie (VPI) verklaar dit die huidige besorgdheid oor inflasie en vandeesmaand se rentekoersverhoging om dit teen te werk. Die VPI vir Oktober jaar-op-jaar was 4.7% teenoor September se 4.6%.

Van die grootste jaar-op-jaar stygings vir Oktober in die PPI se samestelling was ondervind by elektrisiteit en water met ʼn toename van 13.5%; vir September was dit 11.3%. Die staats- en semi-staatsbedrywe bly steeds ʼn voorste skepper van die kostestygings in die land.