Probleme met vraestelle

Die gesigte en name verander maar elke jaar bly die klagtes en probleme dieselfde.
Die Onderwysdepartement in Noord-Transvaal het steeds R2 miljard in hulle bankrekening terwyl daar nie genoeg vraestelle vir verskeie vakke vir gr. 10- en gr.11-leerlinge gedruk is nie.
Verlede week moes die Onderwysdepartement inderhaas maatskappye kry om vraestelle te druk.
Intussen heers groot ontevredenheid by ouers, leerlinge, onderwysers en skoolhoofde omdat eksamens moes herskeduleer word as gevolg van hierdie nalatigheid.
Dr. Naledzani Rasila, kommunikasiehoof van die departement, het in ’n verklaring gesê eksamens verloop glad sonder enige onderbrekings of probleme.

Die Ouditeur-generaal (OG) het in die parlement gesê dat ondanks die feit dat die provinsie al vier jaar lank onder nasionale administrasie is, gaan toestande steeds agteruit.
Dit is ook die enigste Onderwysdepartement wat vir die tweede agtereenvolgende jaar afwysings van die OG gekry het.