Polisie skiet sesjarige dood

Jeremy, ’n sesjarige seuntjie van Louisiana in die VSA was in die motor saam met sy pa toe hy herhaaldelik getref is deur die polisie wat na sy pa geskiet het.

Die seuntjie het voor in die motor by sy pa, Chris Few, gesit toe die polisie verlede Woensdagnag begin skiet  het op sy pa.

Louisiana se polisie bevelvoerder, kolonel Michael Edmondson, het aanvanklik gesê dit was ’n skietgeveg tussen ’n oortreder en die polisie, maar het die volgende dag erken dat Chris Few ongewapen was.

Vier polisiebeamptes was betrokke by die voorval, en het tot hede nog nie ’n verklaring uitgereik oor die skietery nie.

’n Mediese ondersoek het getoon dat Jeremy verskeie skietwonde opgedoen het  wat sy dood veroorsaak het.

Sy pa verkeer in ’n bedenklike toestand in ’n hospitaal in Alexandria, Louisiana.

Jeremy se ouma Samantha het hom beskryf as ’n pragtige kind en ’n geskenk van God wat hulle nou ontneem is deur die polisie se optrede.

Inwoners van die omgewing sê hulle het tot 10 geweerskote gehoor, en ’n polisiebeampte, Daniel Moreau het bevestig dat verskeie skote afgevuur is.

Later is vasgestel dat die vier polisiebeamptes op kontrak basis gewerk het en was slegs vier maande in diens van die Louisiana polisie.