Poetin slaan die spyker op die kop

Die Russiese president, Wladimir Poetin, het die kern van die terroristeprobleem in een kort sin vasgevang tydens sy onderhoud met joernaliste na afloop van die G-20 beraad in Turkye.

Hy sê die terroristegroep, Islamitiese Staat (IS) kry sy geld uit minstens 40 lande met sy olieverkope, waarvan sommige lande in die G-20 beraad sit.

Pres. Poetin het daarop gewys dat die stryd teen IS nou voorrang moet geniet om die vraagstukke van Sirië op te los en vrede te bewerkstellig.

Hy sê die 40 lande moet veel meer doen om toe te sien dat die IS se finansiering opdroog deur nie meer olie van hulle aan te koop nie.

Die president sê ’n internasionale koalisie behoort gevorm te word teen die IS magte, want dit is die enigste manier wat die terreurgroep aan bande gelê kan word.

Politieke ontleders in Europa het saamgestem met pres. Poetin se siening en gesê die aanbevelings behoort onverwyld toegepas te word ter wille van wêreldvrede.

Foto – Pres. Poetin