Poetin se plan word werklikheid

President Wladimir Poetin van Rusland se versoek van etlike maande gelede aan Westerse lande word bewaarheid nadat die Franse president besluit het om die groot moondhede te nader tot eendragtige optrede teen die terroriste in Sirië en Irak.

Die Franse president het na sy besoek aan die VSA en Duitsland, ’n besoek gebring aan Rusland om pres. Poetin se samewerking te kry in die oorlog teen IS-terroriste in beide Sirië en Irak.

Pres. Hollande het tydens sy besoek die afgelope naweek in Rusland, gesê die gemeenskaplike vyand is die terroriste in Irak en Sirië, en slegs gesamentlike optrede kan die euwel uitroei.

Hollande sê hy het Moskou besoek in ’n poging om ’n finale oplossing te vind en die einde van IS terroriste te bewerkstellig, en daarvoor is ’n vredespoging ook nodig.

“Ek is hier in Moskou om met u, pres. Poetin ’n samewerkingsooreenkoms te bereik oor hoe daar gehandel kan word om die terreurnetwerk te verslaan en ’n vredesoplossing te vind”, het pres. Hollande gesê.

In reaksie daarop het pres. Poetin gesê Rusland is gereed om sy samewerking te gee waarvoor hy reeds maande gelede gevra het.

Foto  –  Poetin en Hollande in gesprek