Phiyega probeer haar los wikkel

Die geskorste Nasionale Polisiehoof, Riah Phiyega se eerste kanonvuur om haarself uit die gemors te kry waarin sy haar bevind, het misluk.
Phiyega het Donderdag ’n prokureursbrief aan die parlement gestuur waarin sy eis dat die komitee sy bevindings oor haar, voor die einde van Maandag ophef.
Francois Beukman, komiteevoorsitter, het gesê Phiyega is welkom om hof toe te gaan, maar die komitee sal nie sy beslissing teen haar terugtrek nie. 
Die komitee het onder meer bevind Phiyega het druk op die provinsiale kommissarisse geplaas om ‘n verklaring uit te reik waarin hulle hul onvoorwaardelike steun aan haar gee; die leiding in die vergadering geneem het waarin besluit is om die verklaring uit te reik, belangebotsing gehad het en sy moes geweet het dat daar politieke implikasies sou wees maar het verkies om niks te doen nie.