Perspektief op tegnokratiese regering, eerder as politiekery

Mense word elke vyf jaar in hierdie demonokrasie waarin ons volk vasgevang is, deur politici vertel waarom hulle ons stem as potensiële regeerders moet kry.

In geen land met ´n volkere-verskeidenheid werk moderne demokrasie nie – dit is ´n wiskundige feit.

In Afrika sal minderhede altyd onderdruk word – ongeag van ras.

Die volksmoord teen die Matabele in Zimbabwe, Rwanda en Burundi, SAR en Suid-Sudan spreek vanself.

Selfs in redelik homogene gemeenskappe is party-politiek teen-produktief en weinig meer as ´n groeiende uitgawe vir lande se belastingbetalers.

Ons word egter wysgemaak dat politieke regeerders die antwoord is.

Ter plaatse word ons studente geïndoktrineer deur die jeugvleuels van politieke partye en ander organisasies – eerder as om hulle te bekwaam vir ´n beroep, word diegene van twyfelagtige karakter en ´n “gesonde” weerstand teen harde werk, getrek na die partypolitiek.

Want diegene met die inbors om iets van hulself te maak, vorder heel gemaklik van student tot professionele status en word sodoende ´n aktiewe bydraer tot die land, sy vermoëns en ekonomie.

Gewoonlik is hierdie persone ook die werklike (stil) krag binne hul gemeenskappe, anders as die politici wat saam met die beleidswinde al te maklik “oorloop” wanneer dit gerieflik is.

Maar is daar ´n werkbare alternatief?

Beslis – mits ons weer mense van inbors kan kry om verby eiebelang te kyk na volksdiens.

Dan kan ons, na voorbeeld van ons voormalige Boere-Republieke, ´n klein volksraad benoem om kiesers (belastingbetalers) te verteenwoordig en werklik as rentmeesters op te tree.

Dit is DIENS waarvoor die verkose lid slegs ´n basiese honorarium en vergoeding van werklike onkoste aangegaan ontvang.

Die uitvoerende take van staatsdepartemente word opgedra aan tegniese kundiges – hetsy opvoedkundiges, ingenieurs vir diensleweringsdepartemente of administrateurs agter die skerms.

Die werksmag in die staatsdiens word ook gemeet aan produktiwiteit en dienslewering.

Op elke vlak word die sleutel kriteria, kwalifikasie en werksvermoë en nie politieke affiliasie nie.

Sodoende word die verskaffingsketting ´n produk van tasbare dienste aan belastingbetalers.

Waarde-vir-geld dienste aan belastingbetalers.

En omdat die staatsdiens en ander dienslewerings-instansies op kundigeheid en effektiwiteit geskoei word, word vermorsing planmatig uitgeskakel.

Voorts, omdat dienslewering op armlengte-grondslag gestel word, is daar geen ruimte vir politieke gunswerwery nie.

Dít vloei deur na die verbruikerskant deur verantwoordelike gebruik van dienste.

Waar dienste voor betaal word, soos krag en water, sal die afwesigheid van politieke invloede beteken die riglyne van ´n mark-ekonomie geld

Wanbetalers word bloot die dienste ontneem.

Die veiligheidstrukture, in diens van belastingbetalers eerder as gedienstig aan politici, sal korte mette maak van enige “protes” deur wanbetalers .

Natuurlik behoort redelike sosiale veiligheidsnette geskep word – vir diegene wat werklik medies ongeskik is vir werk, vir bejaardes en ander hulpbehoewendes.

Maar toelaes vir luiheid en aanteel sal oorbodig raak.

Klink dit vergesog?

Miskien vir diegene wat gemaksugtig geraak het en nie self wil uitspring en werk nie.

Natuurlik vir die politici – hulle sous-trein droog op wanneer belastinggeld vir dienslewering aangewend word en veral wanneer die regeringstelsel geskoei word op eerlike, harde werk, eerder as invloed.

Maar met daardie harde werk waarmee ons voorsate meermale moes oor begin, na die verwoesting van Afrika en die Engelsman, en met dieselfde standvastige geloof, is dit inderdaad haalbaar.