Pentagon se adviseur afgedank

Die Pentagon se Sekretaris van Verdediging, Ashton Carter, het verlede week aangekondig dat hy sy senior militêre adviseur, Lt. Genl. Ron Lewis, uit sy pos onthef het.

Alhoewel die besonderhede vir die ontslag onduidelik is, het die woordvoerder gesê dat ontslag gevolg het nadat aantygings van wanbestuur ondersoek is.

Weermag woordvoerders was egter nie bereid om enige inligting te verstrek oor die gebeure en die werklike redes vir die ontslag nie.

Lewis wat as ’n gerespekteerde adviseur, vir baie jare diens gelewer het, was ook betrokke by logistieke sake, en het ’n senior amp beklee in die tegnologiese afdeling van die Weermag.

Hy het verlede week deel gevorm van Carter se besoek aan Asië, wat ’n aanduiding is van sy senioriteit, en kon eerstehandse advies gee oor die VSA se “besoeke” per oorlogskip en bomwerpers aan die Sjinese Suid see gebied.

Die VSA Weermag het ’n ondersoek gelas om vas te stel of enige verdere optrede teen Lewis nodig is.