Panday rede vir Booysen se skorsing?

Soos in ‘n goeie kommunistiese land, word die hoeveelheid geheime verslae waarvan weekliks kennis geneem word, al hoe meer.
Gister is berig van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se geheime memorandum waarvan die openbaarmaking met ‘n hofaksie gestuit is.
Vandag word kennis geneem van ‘n geheime verslag deur ‘n forensiese ouditeur wat die sluier lig oor die sakeman Thoshan Panday wat miljoene vir sy maatskappy gemaak het deur polisielede om te koop.
Die hoof van die KwaZulu-Natal-valke, genl.maj. Johan Booysen, wat die ondersoek na Panday en die polisiebeamptes gelei het, het al ‘n tyd gelede gesê dat sy ondersoek na dié sakeman het daartoe gelei dat daar herhaaldelike pogings was om hom te skors.
Booysen is in September 2015 deur die nuwe hoof van die Valke, Berning Ntlemeza, geskors nadat Ntlemeza beweer het Booysen het geld vir hom en sy beamptes beredder vir die doodmaak van twee verdagtes.
Die onafhanklike forensiese ondersoekverslag, wat deur PwC saamgestel is, beskryf ondermeer hoe Panday na bewering sy rykdom deur omkopery bekom het deur die provinsiale polisiekommissaris, Mmamonnye Ngobeni, en ander beamptes met geskenke te oorlaai.
Uit die verslag blyk dit dat Panday het vir Ngobeni se man se verjaardagverrassingsparty betaal, hoewel sy het geweet het dat hy ondersoek word.
Daar is tenderbedrog gepleeg aangesien Panday se maatskappye kompeteer met mekaar om polisiekontrakte en -tenders te bekom, sodat dit lyk asof dit ’n kompeterende proses was.
Pandy amper R150,000 bestee aan geskenke vir Navin Madhoe en Aswin Narainpershad, polisielede in die eenheid vir aanvoerkettingbestuur, wat regstreeks daarvoor verantwoordelik was dat Panday se maatskappye besigheid kry. 
Vyf maatskappye wat met Panday verbind word, het ’n gesamentlike wins van 200% gemaak het op artikels en dienste wat aan die polisie verkoop is.
Panday, Ngobeni, Madhoe en Narainpershad het klagtes van korrupsie vrygespring nadat die Nasionale Vervolgingsgesag besluit het om “in die belang van geregtigheid” nie daarmee hof toe te gaan nie.
Die vier se bedrog het die belastingbetaler R1,93 miljoen gekos. Panday en polisielede word daarvan beskuldig dat hulle saamgewerk het om miljoene rande vir polisieverblyf en ontplooiing voor en tydens die 2010-Fifa-wêreldbekersokkertoernooi te kanaliseer.
Daar is selfs gepoog om die ouditverslag te kelder nadat die polisie probeer het om die toepassings van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting te ontduik.
In aanloop tot die 2010-Wêreldbekersokkertoernooi het polisiebeamptes ’n skerp styging in verblyfkoste vir die ontplooiing van polisielede oor die provinsie heen opgemerk.
Ná verdere ondersoek na die skerp toename in besteding het hulle op die beweerde korrupsie tussen senior beamptes in die eenheid vir aanvoerkettingbestuur en die Durbanse sakeman, Panday – wat as middelman miljoene gemaak het om verblyf te bekom – afgekom.
Genl,maj. Johan Booysen