Monthly Archives: November 2015

Jerusalemsalie

Phlomis fruticosa / Jerusalemsalie   Hier het ons darem ‘n pragtige immergroen struik met wollerige grysgroen salie-agtige blare. Die genus is Phlomis en die spesie is fruticosa. Die Jerusalemsalie is…

Motor rubriek – Adam Opel

Die nuutste toevoeging tot die Adam Opel reeks is ‘n “blitsbuks” om mee rekening te hou. Volgens die jongste inligting betreffende die verkope van die motor, is daar reeds ‘n…

Ooreenkoms tussen Parys-terreur en ANC-terreur

Enersdenkendes moet internasionaal hande vat en mekaar ondersteun, aangesien die uitdagings in baie opsigte dieselfde is. Dié oproep is gedoen deur mnr. Henk van de Graaf, assistent-hoofbestuurder van TLU SA,…

Swart misdadigers baljaar

Een van die vele voorvalle van misdaad in Pretoria oor die naweek het by Shoprite Gezina plaasgevind waar vyf swartes verskeie persone beroof en ʼn wit Mercedes Benz gekaap het….

G20-beraad – korrupsie stu voort

Een van die sake vir bespreking by die G20-beraad wat op 15 November in Turkye begin het, is die ondernemings wat die G20-ledelande verlede jaar in Australië gemaak het om…

Parys en Pretoria

Die aaklige gevolge van die terroriste se aanvalle op onskuldige mense in Parys het die ganse wereld aan die praat, en regeringswoordvoerders sê dit is tyd dat die Islamitiese Staat…

Die moontlike uitkoms van El Nino

Die droogtetoestand in Suid-Afrika word al erger, en die een hittegolf na die ander verbrand die plante terwyl vrektes onder diere aan die toeneem is. Die El Nino weerpatroon wat…

Heksejag teen Basson duur voort

Die heksejag teen die bekwame kardioloog, dr. Wouter Basson duur onverpoosd voort. Gedagtig aan die feit dat daar so ‘n oorlog teen alles wat Afrikaans gevoer word, moet dit seker pynlik…

Jagluiperds beveilig aanloopbaan

Rooibokke en wildebeeste is ‘n voortdurende probleem by die Louis Trichardt-militêre lughawe. Die lughawe is in ‘n 2,000ha-wildreservaat in Noord-Transvaal geleë en die wild in die reservaat het al gewoond geraak aan…

Boer op plaas vermoor

‘n Boer is Vrydagaand op sy plaas buite Rooiberg in die Thabazimbi-omgewing aangeval en vermoor. Piet Venter se vriendin wat by hom was, kon gelukkig ontsnap, hoewel sy die aanranding kon hoor….

Boere help mekaar

‘n Boer van Hoekwil het gesê hy het die lyding en leed van die droogte gesien toe hy onlangs deur die Vrystaat gery het. As ‘n tipiese boer was hy…

Boere hou staat se heinings in stand

Grensheinings tussen Suid-Afrika en Zimbabwe word deesdae deur grensboere instand gehou omdat die staat klaarblyklik geen erg daaraan het om dit te doen nie. Dit is die gevolgtrekking wat ’n…

Terrorisme in Europa

Die terreur aanvalle in Parys wat verantwoordelik is vir die dood van minstens 160 onskuldige mense is die werk van gewetenlose terroriste wat nie ’n oomblik huiwer om te moor…

Roundup kan gevaarlik wees

Die bekende “Roundup” onkruiddoder het waarskynlik geen elemente wat kanker sal bevorder nie, maar kan ’n ernstige nierkwaal laat ontwikkel by mense as dit grootskaals gebruik sou word. Die bevinding…

Kataloniërs ignoreer Grondwethof

Katalonië het in direkte konflik, Spanje se hoogste hof teengestaan, en die streek parlement wil voortgaan met hulle prosesse vir soewereine onafhanklikheid. Die Kataloniese vryheidstryders wil so spoedig moontlik beweeg…

TV stasie wys Russiese geheim

Twee televisiestasies in Rusland het blykbaar onbewus van waarmee hulle werklik besig is, program materiaal opgeneem en uitgesaai van Rusland se hoogste militêre geheime, van wapentuig en ander militêre toerusting….

Jagtog op terroriste verskerp

Na die terreurdade in Parys, Frankryk het die jagtog op terroriste aansienlik skerper geword in Europa, en word feller aanslae op basisse van die Islamitiese Staat (IS) beplan vir die…

Bloedbad ruk Parys aan flarde

In een van die ergste terroriste aanvalle, is die Franse hoofstad in ’n bloedbad omskep toe Islamitiese Staat (IS) minstens vyf aanvalle uitgevoer het op onskuldige burgers by ’n aandvertoning….

IS dood talle in bom ontploffings

Die Islamitiese Staat (IS) het in twee selfmoord aanslae in die digbewoonde voorstad van Beiroet minstens 41 mense laat omkom en meer as 180 ernstig beseer. Die plaaslike Rooi Kruis…

Dapper misdadigers lei tot nuwe noot-uitgifte

In Beijing is aangekondig dat die Sjinese owerhede ´n nuwe, sogenaamde “moeilik om te vervals” 100 Yuan noot uitgegee het. Die veranderings is afgestem op verbeterde sekerheid-meganismes, terwyl die huidige…

Nobel pryswenner wen verkiesing

Met die finale uitslae bekend, is dit geen verrassing dat die politieke party van die wenner van die Nobelprys vir Vrede, met ’n oorweldigende meerderheid geseëvier het in die eerste…

IS terroris Jihadi John dalk dood

Onbevestigde gerugte is wêreldwyd in die media oor die moontlikheid dat een van die sogenaamde seniors in die geledere van Islamitiese Staat (IS) gedood is tydens lugaanvalle deur Amerikaanse vegvliegtuie….

EU bewillig miljarde vir migrante

Die Europese Unie (EU) het miljarde euro bewillig wat aan Afrikalande betaal moet word sodat die inwoners nie na Europa stroom nie. Ongelukkig stem talle Afrika leiers nie daarmee saam…

Papiertier se papieroorwinning by die VN?

Solidariteit se bedryfshoof, Dirk Hermann, het vroeër hierdie week aangekondig dat die Verenigde Nasies (VN) aanstaande jaar hulle klag van rassediskriminasie teen die ANC-regime sal aanhoor. Die vakbond het gedurende September 2015…

Is die droogte gesigloos?

Die ou gesegde dat almal praat oor die weer en niemand doen iets daaraan nie, hou nie meer water nie. Die soeke om die natuurelemente te beheer het met Nikola…

Ramaphosa gedagvaar oor Marikana

Adj.pres. Cyril Ramaphosa het gister in die parlement bekend gemaak dat hy in sy persoonlike hoedanigheid en twee ander persone gedagvaar is vir hulle rol in die Marikanaslagting waarin 34 myners…

Eskom, verbruikers sal moet betaal!

Die nasionale energie reguleerder, NERSA, het ʼn balanseringsrekening bekend as Eskom se Regulatory Clearing Account , waarin Eskom se onder- en oorverhalings afgereken word. Oorverhalings moet aan die verbruikers in…

Die tyd vir samewerking het gekom

Front Nasionaal het gister in Pretoria ‘n historiese samewerkingsooreenkoms gesluit met die Boere Afrikaner Volksraad en die AWB oor toekomstige samewerking in ons gemeenskaplike doelwitte, veral ten opsigte van selfbeskikking…

TLU waarsku regering oor moorde

Ope brief aan:  Die Agbare President, Adjunk-President, Kabinetsministers, Adjunk-ministers, Lede van die Nasionale Raad van Provinsies, Parlementslede van die Republiek van Suid-Afrika, Alle burgers van die Republiek van Suid-Afrika Die einde van…

Die waarheid agter “regstellende aksie”

Verlede week is “regstellende aksie” geregverdig deur op leuenagtige wyse te beweer dat apartheid bloot blanke regstellende aksie sou wees. Dekades van opheffingswerk word bloot onder die spreekwoordelik mat ingevee…

Vinnige malvalekkertert vir die soettande

Hierdie malvalekkertert is regtig vir die soettande bedoel. Kom ons maak ‘n vinnige malvalekkertert met “cream crackers”. Hierdie tert kry geen room in nie en dit neem nie lank voordat…

Onderwys in die NSA – waarom vermy rolspelers die waarheid?

Uiteenlopende, en grootliks negatiewe reaksie, het die nuutste aankondigings deur Panyaza Lesufi, LUR van Onderwys in Sentraal-Transvaal, begroet. Lesufi meen dat skoolhoofde wat te lank by een skool betrokke is,…

UWK word verwoes

Hoewel studente-onrus elders in die land tot bedaring gekom het, beleef die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) die ergste geweldpleging in sy geskiedenis van vyf dekades. Teen middagete Woensdag was die universiteit…

Munisipale kwalifikasies, wat maak dit saak?

Bedrog oor kwalifikasies en onbevoegdheid is die enigste worsmasjien wat nog suksesvol in die land loop. Selfs al is daar effense vordering, gaan dit gepaard met ‘n caveat. Vier-en-sestig munispale…

Poste Vakant

CVO Brandwag in Krugersdorp het twee poste beskikbaar:    1) Sekretaresse – Rekenaargeletterheid is ‘n vereiste vir hierdie pos.  2) Graad 00 & 0 Onderwyspos – Bewys van voltooide of…

Swede skrik ook wakker

Grensposte van Swede gaan streng beheer toepas in die toekoms, veral by die punte waar onwettige migrante vanaf Duitsland en Denemarke afkomstig is. Volgens die Minister van Binnelandse Sake het…

Blou klip behaal hoogste prys

’n Uiters seldsame suiwer “Blou Maan” diamant is die afgelope week in Genève, Switserland vir 48,6 miljoen Switserse Frank  (45 miljoen euro) verhandel aan ’n miljardêr van Hong Kong. Dit…

Korea se erns met onderwys

Vandag word verkeer gereguleer, vlugte uitgestel om lawaai te beperk en spesiale openbare vervoer kapasiteit beskikbaar gestel. Selfs polisie-begeleiding deur verkeersknope is nie vreemd nie. Maar dit is nie vir…

Rusland beveel ondersoek na sport

Die Russiese president, Wladimir Poetin, het ’n dringende ondersoek gelas na die aktiwiteite in sport nadat dit bekend geword het dat Russiese deelnemers van onwettige middels gebruik gemaak het. Pres….

Groot geeste gaan groot geld betaal

Die Internet-reuse soos Amazon sal waarskynlik volgende week, soos talle ander aanlyn verkoopsorganisasies verhoor word in Europa, sê ’n woordvoerder van die Europese Parlement. ’n Ondersoek word glo gedoen deur…

Nuwe planeet in sonnestelsel

Wetenskaplikes het ’n nuwe hemelliggaam in die sonnestelsel ontdek wat nog nooit tevore opgemerk is nie. Die hemelliggaam wat  ‘V774104’ gedoop is, word nie beskryf as ’n planeet nie, en is…

Toyota stop diesel ontwikkeling

Een van die wêreld se grootste motorvervaardigers, Toyota in Japan, het besluit om die ontwuikkeling van dieselmotors te staak, wat vermoedelik verband hou met die Volkswagen-skandaal. Die verrassende aankondiging kom…

Miljoene vlug weg uit Afrika

Europa se volgende krisis is besig om te ontwikkel nadat derduisende onwettige migrante, onder die vaandel as vlugtelinge, hulle weg vind na Europa. Migrante uit die Midde-Ooste en Noord-Afrika wat…

Bejaarde vrou aangerand

‘n Hoogsbejaarde vrou is in haar huis in Kruisstraat, Rustenburg om 03:00 Maandagoggend aangeval. Rita Coetzee (86) is in die Peglerae Life –hospitaal met ernstige gesig- en hoofbeserings. Volgens haar…

Is dit waarom skoolhoofde moet roteer?

‘n Sewentienjarige seun is in Intensiewesorg by die Florakliniek nadat hy deur 20 jeugdiges by die West Ridge High School aangeval is. Volgens sy ouer broer het die aanrandig plaasgevind…

Geweld ruk hande uit

Onluste het die land steeds aan die brand. Die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) het opnuut onder geweld deurgeloop toe ‘n groep betogende studente, ander studente wat wou eksamen skryf, aangeval…

Phiyega skuldig aan vele klagtes

Die duur sirkus waarin hierdie land ontaard het, is lankal nie meer snaaks nie. Afgesien van die hartseer is die optrede van topamptenare ‘n verleentheid vir ons en vir die…

Wat gaan aan in Zuma se kop

Die grondwetwaghond Freedom Under Law (FUL), beweer in hofstukke dat pres. Jacob Zuma alles in sy vermoë doen om ondersoeke na sy kaders in die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die wiele…

Wapens moet betyds hernu word

Die Polisie het wapeneienaars daaraan herinner dat wapenlisensies 90 dae vóór die vervaldatum hernu moet word. Gewoonlik is ‘n laat hernuwing oor die hoof gesien, maar die vergunning is pas…

Vliegtuig is Zuma se nuutste speelding

Die vliegtuig wat glo vir die staatspresident aangekoop sal word, sal glo slegs deur president Barack Obama se Air Force 1 getroef word. ‘n Vliegtuig wat sowat R4 miljard sal kos,…