Obama se mislukking uitgewys

Toe president Barack Obama in Januarie 2009 oorgeneem het in Amerika, was die totale skuldlas van die VSA net meer as $10 triljoen.

In die agt jaar van sy bewind, het die skuldlas egter sodanig verhoog dat dit bykans verdubbel het.

Te midde hiervan, is daar nog ’n yslike klomp skuld wat nie verreken is nie, wat dié land se skuldlas nog groter sal maak.

Pete Sepp, president van die Nasionale Belastingbetalers Unie sê die vermindering in uitgawes is nie volkome nagekom nie en lewer net probleme op.

Die ekonome en ander betrokkenes het daarop gewys dat die VSA $112 biljoen meer spandeer het as wat bedoel was, en die president het glo nie die verhoogde uitgawes bekend gemaak nie.

Waarnemers sê die skuldlas hou ernstige gevolge in vir die land, en sal die taak van die volgende president aansienlik bemoeilik.

Die enorme skuld wat afgelos moet word, sal op ’n stadium aan die belastingbetalers gekommunikeer moet word, en deeglike bestuur sal nodig wees om die land uit sy gevaarlike posisie te red.

Die bestaande orde laat Obama se tesourie toe om volgens ooreenkoms, ’n onbeperkte bedrag aan lenings aan te gaan tot Maart 2017.

Dit beteken dat biljoene dollar se skuld nog aangegaan kan word voor hy uittree as president, en kan die land in ’n nog meer ernstige finansiële krisis dompel.

Ooreenkomste wat aangegaan is, dui daarop dat biljoene dollar se skuld oor die volgende drie jaar aangegaan kan word, wat ook nie vir die volgende tien jaar terugbetaalbaar is nie, en wat die skuldlas drasties gaan verhoog.