Nuwe bepaling laat vervaardigers huiwer

Die nuwe bepalings wat vir die Europese Unie se lidlande van toepassing is, het daartoe gelei dat motorvervaardigers nou huiwerig is om dieselmasjiene in voertuie te sit.

Ingevolge wetsvereistes in die lidlande, sal die nuwe vereistes vanaf 2017 in werking tree om die uitstoot van CO2 gas te meet.

Die kompromis is verlede week bereik wat bepaal dat die dieselvoertuie gemiddeld 95 gram koolstofdioksied per kilometer mag uitstoot vanaf 2021, het vervaardigers huiwerig gemaak om verder diesel masjiene in motors te gebruik.

Tans is die gemiddelde uitstoot sowat 40% bokant die gestelde vereiste, en vervaardigers meen die aanpassing kan dieselmasjiene onekonomies maak in motorvoertuie weens die verhoogde vervaardigings koste.

Van die vervaardigers het te kenne gegee dat die nuwe vereistes sekere modelle outomaties sal uitskakel uit die reeks van dieselmotors wat gebou word.

Ingeligte waarnemers sê die nuwe bepalings sal waarskynlik die verkope van dieselmotors aan bande lê in Europa, en kan selfs beteken dat die voertuie uiteindelik nie meer beskikbaar sal wees nie.

Meningsvormers in Europa is van oordeel dat die binnebrandmasjien se dae getel is, en vervang gaan word met nuwe tegnologie soos elektriese en sonkrag aangedrewe voertuie.