Nigerie bevry 61 van terroriste

Die Nigeriese Weermag het in ’n operasie teen die terroristebeweging Boko Haram, 61 gyselaars bevry en veilig na hulle huise begelei.

Die operasie is uitgevoer in ’n poging om vroue en kinders wat gyselaar gehou word, te bevry en die terreurgroep aan te val in spesiale operasies wat daarna uitgevoer word.

Die Weermag het die operasie in die Borna provinsie, in die noorde van die land uitgevoer waar hulle ook op 28 Oktober 288 gyselaars bevry het.

Aan die begin van Augustus is 178 mense bevry, en is Boko Haram ’n gevoelige slag toegedien toe Weermag soldate die basis aangeval het.

Boko Haram het reeds meer as 17,000 mense in die gebied doodgemaak, en is die oorsaak dat 2,5 miljoen inwoners reeds hulle woonplekke verlaat het en gevlug het na buurlande.

Die terreurgroep het in 2014 hande gevat met die Islamitiese Staat nadat hulle groot nederlae gely het met lugaanvalle wat deur Westerse magte uitgevoer is.