Nasa ontdek iets in "swart gat" ruimte

Terwyl wetenskaplikes nog kopkrap oor die sogenaamde “swart gat” wat in die hemelruim bestaan, het Nasa ’n ontdekking gedoen waarvoor daar nog nie klinkklare antwoorde gevind kon word nie.

’n Ander “swart gat” bekend as Markarian 231 is volgens Nasa van belang aangesien “iets” uit die swart gat gekom het wat deur twee teleskope waargeneem is.

’n Voorwerp wat as ’n “corona” bestempel is, het uit die ‘Markarian 335’ gekom, en werp nou nuwe lig op die kolossale röntgen uitbarsting en die “swart gat” in die ruimte..

Nasa wetenskaplikes sê die energieke ontploffing ontstaan deurdat die “corona” van die “swart gat” met elektriese ladings uitgeskiet word teen ’n hoë snelheid die hemelruim in.

Die gebeure laat wetenskaplikes nou besef dat die “swart gat” nie ’n dooie kol in die hemelruim is nie.

Die vraag wat onbeantwoord bly, is wat die elektriese “ontploffing” veroorsaak wat die “corolla” uitskiet.

’n Ander vraag wat nog baie navorsing sal verg, is waarvandaan uit die “swart gat” die elektriese ontploffing ontstaan het om die “corolla” die ruimte in te skiet.