Moslems vrees reaksie na Parys

In nagevolge wat mag spruit uit die terreuraanvalle in Parys, het verskeie Moslem woordvoerders te kenne gegee dat hulle vrees vir ’n teenreaksie wat mag ontstaan by anti-Moslemfaksies.

Die vrese is nie net in Frankryk geuiter nie, maar ook in Duitsland is gesê die optrede van regse anti-Moslem groepe, word gevrees.

Moslems het ook bekommernis dat daar teen hulle kinders opgetree gaan word by skole en sportvelde.

Prominente Moslemleiers het glo gesê die voorval het die beeld van Moslems ernstig benadeel te midde van pogings om ’n beter verhouding met ander gelowiges te vestig.

Hamideh Mohagheghi, ’n prokureur wat in Iran gebore is, en tans in Europa woon, het die aanvalle as onaanvaarbare optrede beskryf.

Ingeligte waarnemers meen egter die optrede van terroriste het veroorsaak dat ’n nog groter kloof tussen Christene en Moslems geskep is, wat nooit weer sal verander nie.