Merkel, jy moet bedank

Derduisende regses het onder die vaandel van die beweging, “Alternatief vir Duitsland”, aan ’n vreedsame optog deelgeneem in Berlyn, Duitsland.

Meer as 6,500 ondersteuners het deur die strate beweeg met plakkate wat vertoon is dat kanselier Angela Merkel moet bedank.

Die optog is gehou as gevolg van die groeiende ontevredenheid oor die onbeheersde instroming van onwettige migrante in die land.

’n Optog van anti-regse betogers het slegs sowat 700 mense gehad, en waarnemers sê dit is ’n sprekende voorbeeld van die verhouding tussen diegene wat tevrede is met die toedrag van sake soos deur Merkel bestuur word, en die wat daarteen gekant is.

Polisie moes op ’n stadium gebruik maak van pepersproei om die twee skouer skurende groepe uitmekaar te hou.

Die voorvalle van geweld tussen migrante en burgerlikes het in die afgelope drie maande verdubbel in Duitsland, en word beskou as een van die redes waarom regse optoggangers hulle ontevredenheid gedemonstreer het.