Media-oorlog teen Basson verskerp

Die beste kardioloog in die land, dr. Wouter Basson, ten spyte van die tekort aan hartspesialiste, mag nie toegelaat word om toekomstige dokters op enige manier te beïnvloed nie.
Die giftige woorde kom van prof. Karen Sliwa, president van die SA Hartorganisasie.
‘n Kommentator het gesê dat die geveg wat dr. Basson teen die Raad op Gesondheidsberoepe (RGB) voer dalk suksesvol kan wees en daarom moet die pers nou eers weer hulle deel aan karaktermoord doen.
Basson is in 2013 deur die tugkomitee van die RGB daaraan skuldig bevind dat hy in die apartheidsjare by die ontwikkeling van chemiese en biologiese wapens betrokke was.
Sy straf is steeds hangend nadat Basson ‘n aansoek by die hof ingedien het dat twee lede van dié komitee hulself van die verrigtinge onttrek.
Maar prof. Sliwa meen dat aangesien dr. Basson persona non grata is, en hoewel daar nie genoeg hartspesialiste in Suid-Afrika is, is studente beter af sonder hom.
Mediclinic het in ’n verklaring gesê die opleidingsprojek waarby Basson by die Durbanville Mediclinic betrokke is, is deur ’n groep dokters by die hospitaal begin nadat hulle ’n dringende tekort aan opleiding vir vierde- en vyfdejaarstudente gedurende hul vier week lange rotasie in interne medisyne geïdentifiseer het.
Dokters neem vrywillig en sonder enige vergoeding aan dié projek deel.
Foto: Dr. Wouter Basson