Man sterf op ongewone manier

’n Man van Columbië het op ’n ongewone manier aan sy einde gekom met ’n “infeksie” in sy longe wat nie wou genees nie.

Die 41-jarige man se siektetoestand is later gediagnoseer en is bevind dat ’n vinnig groeiende lintwurm wat op onverklaarbare wyse in sy long beland het, die rede vir sy siekte en latere dood is.

Die verslag oor die man se rare toestand is vervat in die gesaghebbende “New England Journal of Medicine”

Die man het maande lank behandeling gekry, selfs vir hoë koors, aaklige hoesbuie, en gewigsverlies.

Uiteindelik is sy lewer en longe deur skandering ondersoek, en is ’n biopsie geneem wat dokters se wenkbroue laat lig het.

Nog nooit tevore is ’n mens gevind wat siek geword het deur kankerselle wat in ’n parasiet teenwoordig is nie, wat die man se immuunstelsel verswak het.

Die lintwurm, wat normaalweg nie langer as 4 sentimeter word nie, is gevind, en die kankerselle in die long was tien keer kleiner as enige menslike kankerselle, en het volgens die dokters, ontwikkel in die lintwurm.

Die man wat ook HIV positief getoets is, het dokters nou met verdere ondersoeke laat begin om vas te stel of dit nie die toestand is wat ander vigs-besmette mense se siekte toestand is nie.