Landbouprojek van Zuma in duie

As dit ook nie vir die miljoene was wat hulle van die FW de Klerk-verraad gekry het nie en waarop die leiers van die ANC kon leef soos wat dit uitspattige piesangrepublieke se presidente betaam, sou die staatspresident waarskynlik gesukkel het om ‘n lewe te maak.

In Junie 2010 het pres. Jacob Zuma 85 nuwe trekker aan die “terug na die veld’-projek in Oos-Transvaal en KwaZulu-Natal oorhandig om “nuwe kleinboere” aan te moedig.

Maar van die 32 nuwe trekkers wat aan die DrJS Moroka-munisipaliteit in Oos-Transvaal geskenk is, is slegs ses nog in ‘n werkende toestand. Die res is gestrand omdat dit nie in stand gehou is nie.

Trekkerdrywers staak want hulle word nie betaal nie.

In twee ander munispaliteite het meer as 30 boere die sonneblom-plantseisoen gemis want al 17 die trekkers is òf stukkend òf daar is nie genoeg diesel nie.

Die African Farmers’ Association of SA sê 185,000ha van wat eens produktiewe grond in  KwaZulu-Natal was, is nou verlate aangesien die boere geen voordeel uit die projek het nie.

Job Mthombeni, president van die African Farmers’ Association of SA sê die projek het goed begin maar is toe deur die Departement van Landbou, Bosbou en Vissery oorgeneem.

Die beswaar is dat die trekkers moes nie vir die munisipaliteite gegee gewees het nie maar eerder vir die boere.

Volgens ‘n 20-jaar oorsig oor grondhervorming wat dié maand deur die Presidensie vrygestel is, is 7.5miljoen hektaar onteien en 1.5miljoen onder eisers herverdeel.

Die projek was veronderstel gewees om ten minste 10,500 boere te help en is verbind aan die Verenigde Nasies (VN) Millenium Ontwikkelingsdoelstelling se teiken om wêreldwye armoede teen vanjaar te halveer.

Foto: Stukkende trekkers ter illustrasie.