Konserwatiewes protesteer teen migrante

Die konserwatiewe beweging Pediga van Duitsland, het een van hulle grootste byeenkomste gehou in Dresden na aanleiding van die Parys-tragedie van ’n week gelede.

Tydens die byeenkoms is plakkate met slagspreuke vertoon wat die gevaar oor die toelating van Siriese migrante in Duitsland beklemtoon.

Slagspreuke om die instroming te stop, is oral deur optoggangers vertoon terwyl hulle ordelik beweeg het na die burgemeester by die bekende Semperoper.

Duisende mense het aan die optog deelgeneem en plakkate vertoon wat wys op die gebeure in Parys.

Politieke ontleders in Duitsland sê dit is opvallend dat Bondskanselier Angela Merkel skielik baie stil geword het oor die toelating van onwettige migrante.

Tot onlangs het sy gesê daar is plek vir derduisende migrante in haar land, en het meer as 800,000 toegelaat sonder om behoorlike beheermaatreëls toe te pas en grens kontroles uit te voer.

’n Pro-regeringsbeleid-optog het probeer om die konserwatiewe optoggangers te stuit met sowat 1,000 mense, maar het heel gou besef dat die Pediga optog derduisende mense het wat hulle nie sal laat voorkeer nie.

Intussen het die nuwe regering van Pole besluit om geen migrante verder in die land toe te laat na die Parys-bloedbad van verlede week nie.

Die konserwatiewe regering van Pole het in ’n verklaring gesê hulle verskil radikaal van Duitsland oor die toelating van onwettige migrante.