Knysnastrand dalk oop vir drank

Daar moet teruggegaan word na die tekenbord om te kyk hoe kan die besware omseil word van groepe wat ongelukkig was met die voorstel dat drank tydens die kersseisoen op Knysna se strand gebruik kan word.
’n Voorstel om die gebruik van alkohol van 23 Desember tot 2 Januarie op sekere strande in die Knysna-munisipaliteit toe te laat, is op ’n vorige raadsvergadering deur die burgemeesterskomitee ingedien.
Die voorstel het behels dat strandgangers van 06:00 tot 22:00 elke dag op strande by Brenton-on-Sea, Coney Glen, Green Hole, Bollard-baai, Kathy Park en die Ou Jetty in Sedgefield alkohol mag gebruik.
Die Knysna-belastingbetalersvereniging, die Knysna Heads-vereniging en die Leisure Island-inwonersvereniging is onder dié groepe wat hul ontevredenheid met die voorstel uitgespreek het.
Die Knysna-belastingbetalersvereniging, Knysna Heads-vereniging en die Leisure Island-inwonersvereniging is onder dié groepe wat hul ontevredenheid met die voorstel uitgespreek het.
Die besware is dat die toegewing tot ‘n toename in drankmisbruik en dronkbestuur sal lei; die risiko van verdrinkings verhoog asook dehidradrasie onder vakansiegangers sal veroorsaak.
Ander besware sluit ook gebreekte bottels op die strand en vrees dat die strandgebied in net nog ‘n brassery sal ontaard.
Volgens Christopher Bezuidenhout, ’n munisipale woordvoerder, sal die proses van openbare deelname hopelik teen einde November afgehandel wees en sal ’n finale besluit by die volgende raadsvergadering op 10 Desember geneem word.