Klein dorpie kry 750 migrante

“As ek gedink het ons dorpie met sy 102 inwoners kan 750 migrante huisves, sou ek dit kon toelaat, maar die migrante gaan die hele sanitasie stelsel laat blok”, het ’n inwoner gesê nadat dit bekend geword het dat so baie migrante na die Duitse dorpie Sumte toegedeel is.

Die infrastruktuur moet sowat 700% swaarder werk, en dit moet letterlik oornag plaasvind, was die opmerking wat ’n ander ontevrede inwoner.

Van die inwoners het egter te kenne gegee dat hulle kans sien om die migrante te huisves, maar kon geen antwoorde gee toe hulle gevra is waar die migrante sal woon nie.

Die dorpie Sumte beskik nie oor ’n skool, het geen winkels nie, en selfs nie ’n polisiestasie nie, want dit is almal wetsgehoorsame burgers wat jare in stilte en vrede woon.

Aanvanklik het die dorp kennis gekry dat ’n 1,000 asiel soekende migrante na hulle gestuur word, maar is later verminder na 750.

Die inwoners is egter bekommerd dat die rus verstoor gaan word deur die migrante, en dat beheer nie toegepas kan word nie aangesien die dorp nie ’n enkele polisieman het nie, maar ander is weer bekommerd dat regse organisasies die dorp kan oorneem.

’n Rekord aantal van 220,000 onwettige migrante het Europa binne gestroom gedurende die afgelope maand, ongeag die koue, nat weer wat nou ondervind word.

Foto – Die inwoners vergader