Kataloniërs veg verbete vir vryheid

Maandag 9 November 2015 word ’n historiese dag in die geskiedenis van die vryheid strydende Kataloniërs in die noorde van Spanje, presies een jaar nadat hulle in ’n simboliese stemming ’n meerderheid setels gewen het ten gunste van afskeiding van Spanje.

Alhoewel die meerderheid setels gewen is, blyk dit dat die meerderheid van die totale stemme nie ten gunste van afskeiding gestem het nie.

Op 9 November is geskiedenis gemaak toe die Kataloniese streeksparlement in Barcelona debat gevoer het oor die verklaring van onafhanklikheid.

Die Spaanse regering wou verhoed dat die debat plaasvind, en is gesteun deur die amptelike opposisie party, wat uiteindelik die Grondwetlike Hof in Madrid genader het, maar toe moes hoor dat die hoogste hof beslis dat die debat mag voortgaan.

Die twee vryheidspartye, Junts pel Sí en die CUP, het reeds twee weke gelede die plegtige verklaring by die Kataloniese parlement ingehandig.

Die twee partye, die Junts pel Sí en CUP het ’n gesamentlike meerderheid van 72 setels uit die totaal van 135 oorwin tydens die referendum.

Waarnemers wys daarop dat dit opmerklik is dat die Onafhanklikheidsverklaring spesifiek meld dat Katalonië nie langer gebonde sal wees aan die uitsprake van die Grondwetlike Hof van Spanje nie, en ook nie onderwerp is aan die beslissings van dié Hof nie.

Intussen het die Spaanse regering herhaaldelike kere gesê dat die Onafhanklikheidsverklaring met elke moontlike wettige middel teengestaan sal word.